Hoe Om Gered Te Word

Instruksies:

Om Jesus as ons persoonlike Verlosser en Saligmaker, te kies, moet ons glo dat Hy die enigste Seun van God is. Hy het aarde toe gekom, deur Sy geboorte van ‘n maagd, as volkome God en volkome mens. Hy het tussen ons kom woon, is net soos ons, op alle vlakke versoek, maar Hy het nooit gesondig nie. Só was Hy die volmaakte Offer vir ons sonde. God het Hom gestuur, want Hy het die wêreld lief gehad en Hy het ons steeds lief. Dit beteken dat Hy jou lief het en dat Hy Sy Seun gestuur het om Sy lewe te gee, sodat Hy jou lewe herstel en vervul!

Alvorens ons die bevrydingstog aanpak, moet ons Jesus Christus as ons persoonlike Redder en Saligmaker aanneem.  Gebruik die onderstaande gebed om jou aan Jesus Christus te verbind.

Die Gebed:

Jesus, ek kom voor U en ek erken dat ek ‘n sondaar is. Ek vra vergifnis. Ek roep U Naam aan en ek vra dat U my sal reinig met U bloed. Vergewe my, my sondes. Ek vra dat U in my hart sal inkom, Jesus Christus. Ek glo dat U gebore is uit ‘n maagd, gesterf het en op die derde dag weer opgestaan het, sodat ek die ewige lewe kan hê. Ek maak my lewe oop vir U en ek vra dat U sal inkom en my Redder en Verlossser sal wees. Dankie dat U my gered het. Amen

1 thought on “Hoe Om Gered Te Word”

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.