Corona virus Gebed

Vader in die hemel, ek kom voor U in die magtige Naam van Jesus Christus en ek verloën die  vrees vir die corona virus tesame met alles wat daarmee gepaard gaan, insluitend alle bose agendas, en ek dien ‘n egskeidingsbrief in teen dit.  Ek lê alle verborge dokumente ter tafel, elke verbond, kontrak, sertifikaat, eed en/of beloftes wat ons verstrengel daarmee en beveel dat hulle met die bloed van Jesus gestempel word.

In die Naam van Jesus, bid ek dat U U hemelse wesens opdrag sal gee om alle dele wat aan my behoort en wat in vrees vir die corona virus  gedompel is, tesame met hul bose agendas,  in tydelike inperking te plaas.  Ek bid dat hulle vergesel word en aan die voete van die Leeu van die Stam van Juda gelê word om totaal gesuiwer en gestroop te word van enige vrees vir die corona virus, asook van alles wat daaraan verbind is tesame met hul bose agendas sodat daar volmaakte genesing en verlossing kan plaasvind.

Ek oorhandig nou alle grondgebied  in my wat beset word deur vrees vir die corona virus tesame met  hul bose agendas  oor aan die Koninkryk van God en ek nooi U Here Jesus, om die Troon in te neem en oor hierdie gebied met U ysterstaf te regeer.

In die Naam van Jesus, bind en slaan ek elke hekwagter in boeie, ontdek en identifiseer ek alle toegangsportale wat aan vrees vir die corona virus behoort, tesame met alle bose planne, verwante realms en goddelose erfenisse verbonde daaraan.

Ek plaas die bloed van Jesus op elke portale toegangspunt en ek seël dit af met die Heilige Gees. Ek verklaar dat hulle aan die slaap gemaak word en permanent gedeaktiveer word.

Ek neem die swaard van die Gees, wat die Woord van God is en ek sny myself af om bevry te wees van die vrees vir die corona virus en alles wat daarmee verband hou tesame met hul  bose planne, verwante realms, en goddelose erfenisse  in Jesus se naam.

Ek besorg terug alle vorme van vervalsde erfenisse, insluitend bevele, vrae, posisie, status, roeping, vermoë, wortels, krag, genetiese kodes, saad en enige ander vorm van vervalsde erfenis, in Jesus se Naam.  Ek weier die ontvangs daarvan en verwyder en breek myself af van dit en ek kies om my erfenis in Jesus Christus te ontvang. Ek verloën alle geeskinders, sintetiese kinders, elektriese kinders en goddelose nageslag, wat verband hou met vrees vir die corona virus en alle bose planne wat daarmee gepaard gaan en ek skrap alle kwantum-vergrotings wat betrokke is in hul skepping. Ek beveel hulle oordeel en die suiwering van die realms wat hulle beset, deur die  veroordeling van die  lewende water. Ek eis terug en ontvang die herwinning van elke deel van my wat ingeperk is deur vrees vir die corona virus.  Ek neem nou outoriteit oor elke bose gees in my binneste en  rondom my wat bedrywig was onder die outoriteit van vrees vir die corona virus en alle bose planne wat daarmee verband hou. Ek verklaar dat julle aangekeer, ontbloot, vasgebind, deurboor en uitgewerp uit my is vir veroordeling. Ek verklaar en beveel dat julle nou na die oneindigheid gestuur word omdat jul in jul opdrag gefaal het.

Ek bid dat elke geestelike voorwerp, tattoo, toestel, etiket, juweel, snuistery, halssnoer, oorring, kroon, ring, armband, gelukbringer, kledingstuk, septer, merker, kragpunt, opsporingstoestel, sisteem, intelligente stof, rooster of etiket wat geplaas is in of om elke deel van my om my met vrees vir die corona virus, vas te anker en alle agendas wat daaraan gekoppel is, dat dit in die Heilige vuur van Jesus Christus sal verbrand en totaal sal oplos en in die niet verdwyn. Ek sluit elke deur toe wat bekend,  onbekend, gesien of ongesiend is,  en beveel en verklaar  dat dit heeltemal geseël is in Jesus se Naam.

Ek appèlleer nou in die howe van die hemel namens myself, al my dele,  familie lyne, bloedlyne, sellyne asook elkeen wat ek verteenwoordig, en oorhandig hiermee alle relevante getuienisse van ongeregtighede wat gekombineer is met elke gespesifiseerde item van die misdaad wat verband hou met die corona virus en diegene wat die wêreld manipuleer daardeur, oor vir notering in die hemelse kosmiese rekords.  Ek bid dat die bewyse van onreg en kriminele aktiwiteite geweeg sal word op die skale van geregtigheid.  Gebasseer op die bewyse van die fynste besonderhede van die onreg, vereis ek veroordeling. Ek beveel ‘n verpletterende slag aan teen die corona virus en teen hulle wat die wêreld daardeur manipuleer, tesame met hul  werksaamhede in alle tyd, ruimte, dimensie en realiteit in lig en sy omgekeerde, verslaan deur die hemelse weermag, vuurwaens, die besem van verwoesting, die tsunami van lewende water, aardbewings, lugskuddings, seebewings, verwarring, die byl van die Here en die vurige stroom wat voortspruit van die troon van God, om in te tuimel, programme, kragbronne en kragbronne tot die volste mate dat die manifistasie van my reg en die bewyse wat ingedien is, U toelaat om oordeel te fel volgens U geregtigheid Here God.  Ons beveel nou dat daar blootstelling, inploffing, binnegevegte, slordigheid, wanorde en disfunksie in die koninkryk van die duisternis sal plaasvind  vanaf die laagste tot die hoogste vlak, in die Naam van Jesus! 

Vader, ek dank U dat U beweeg word om die * leylyne  te reining wat betrokke is by die  vrees vir die corona virus,  asook alle konneksies met bose agendas wat deur hulle beweeg het.  Ek verklaar dat  die leylyne gesuiwer word by die rivier van die lewende water, gemeng met salwingsolie en die bloed van Jesus. Ek verklaar dat hierdie water versterk word met die skeerlem en die dolk van die Here sodat bose mense, sisteme, rade en entiteite gelyktydig los gesny word van die leylyne wat die lewensvatbare kragbron is.  Ek bid dat U engele opdragte sal ontvang om aaneen die Here van die leërskare te aanbid in strategiese plekke, regoor die skepping, wat sal veroorsaak dat die leylyne bekragtig word met U glorie. Ons bid dat U aangewese individue, verkose engele en U hemelse strukture en sterk vestings, sal begin om ingeskakel te wees in die leylyne wat aangespreek word terwyl hul gedurende hierdie proses  genoegsame  reiniging  van alle besoedeling sal ontvang.

Laastens, seël ek hierdie gebed af in alle oneindigheid van oneindighede, ewigheid van ewighede, anderkante en van alle tydwiele wat bestaan, eens bestaan het,  kon of nie kon bestaan,  en alles tussen in. 

Amen

* Leylyne: Magiese energie van die aarde – in wese vorm hierdie lyne ‘n soort rooster of matriks en bestaan ​​dit uit die natuurlike energie van die aarde.

 

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.