Aandgebed

“Vader, ek nader tot U in gebed.  Ek kom voor U met danksegging en ek kom na U troon met lofprysing.

  1.  Ek prys U, want U is waardig, heilig, geregtig en regverdig. Ek pleit die bloed van Jesus oor        myself, my woonplek, my eggenoot, my kinders, my motor, my bankrekening en alles onder my rentmeesterskap.
  2. Ek bid dat U hemelwesens, U engele, sal wagstaan by my woning, omring, van bo en van onder en by elke dimensiële ingang in Jesus se naam.
  3. Ek sê  van die Here, U is my toevlug en my vesting, my God, in U sal ek vertrou.
  4. Ek dank U dat U ‘n muur van beskerming om my is en dat geen plaag naby my woning sal kom nie.
  5. Ek dank U nou al dat elke heks, vloek of vervloeking, beswering, voodoo, toordery, vorm van heksery, bose kuns of enige vorm van gewapende demoniese aktiwiteit, gestuur teen my, sal terugkeer na die hoofde van die wat dit gestuur het, sewevoudig, sodat hulle sal weet dat Jesus die Here is.
  6. Boonop, bid ek dat elke menslike gees, gevalle engele, demone of enige kwaadwillige gees, wat poog om teen my of teen my huishouding te kom, verhoed sal word deur U engele en geen toegang tot my eiendom sal verkry nie.
  7. Ek bid dat hulle uitgedryf sal word,  na waar Jesus hulle ookal heen wil stuur, deurboor met Sy  pyle van vuur en blitse en in die proses  sal hulle weet dat Jesus die Here is.
  8. Verder, kanselleer ek en verklaar ek alle pogings kragteloos aangaande gedagte-tot-gedagte kommunikasie en manipulasie, of enige vorm van psigiese of telepatiese indringing, in die Naam van Jesus. 
  9.  Ek dank U dat al my drome deur die Heilige Gees geïnspireerd is.
  10.  Ek verklaar dat ek ‘n rustige, ongesteurde nagrus sal hê.
  11. Ek beklee my met die wapenrusting van lig.
  12. Ek sit die helm van verlossing op, die borsharnas van geregtigheid, die gordel van waarheid; ek verklaar dat my voete vlugtig  gaan om die goeie nuus van vrede te verkondig en ek neem die skild van geloof op om die vurige pyle van die bose af te weer. Ek neem die swaard van die Gees, wat die Woord van God is, op.
  13. Ek bid dit alles in die magtige Naam van Jesus, Amen “

 

Gebedsnotas

 

1.“Gaan  Sy poorte in met danksegging,  Sy tempel in met lofsange: dank Hom, prys Sy Naam” (Psalm 100:4). Dank en prys God voortdurend. Elke gebed moet geopen word met lofprysing en danksegging. Daardeur  is ons gebede kragtig en effektief.

 

2. “En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hul getuienis en hulle het nie hul lewens so liefgehad dat hulle onwillig was om vir Hom te sterwe nie.” (Openbaring 12:10)  Die vyand haat die bloed van Jesus, want hy is reeds verslaan daardeur.  Die krag van Sy bloed is ‘n onweerlegbare wapen vir die gelowige.  Die lewe is in die bloed (Levitikus 17:11), elke keer as die bloed van Jesus aangewend word, is dit ‘n aanwending van die lewe van Jesus Christus. Dit is ‘n aanwending van die krag om sonde skoon te was (Kolossense 1:14) en dit bring genesing (1 Petrus 2:24). Dit is een van die drie getuienisse van die opstanding en oorwinning van Jesus Christus “op die aarde”, deur die water en deur die Gees (1 Johannes 5:8). Toe die doodsengel, ook bekend as die verwoester, uitgestuur is in die boek van Eksodus, het hy by elke huishouding verbygegaan wat die bloed van Jesus aan die kosyne gehad het (Eksodus 12:23). Dit is die tipe en skadu van wat die bloed van Jesus eendag sou bereik.  Selfs die dood moet die bloed respekteer. Waarom sal ons nie die bloed pleit oor alles nie? Eerlikwaar, dit is ‘n mors van God se hulpbronne as ons dit nie gebruik nie.

 

3. “Elisa het gebid: Here, maak tog sy oë oop dat hy kan sien. Die Here het die oë van die slaaf oopgemaak en hy het gesien: die berge rondom Elisa was vol perde en strydwaens van vuur. (2 Konings 6:17) God het sy hemelse weermag rondom die profeet Elisa getrek. Eeue later, het Jesus beweer dat Johannes die Doper die grootste Nuwe Testamentiese profeet was en dat die geringste in die Koninkryk groter as hy was (Lukas 7:28) Hoe sal God dan nie Sy geestelike kinders met engele bemagtig nie? Hy sal beslis Sy troepe stuur om namens ons te veg. Meer as dit, engele is bedienende wesens wat uitgestuur word om aan ons, die erfgename, die verlossing te verkondig. (Hebreers 1:14) Beskerming is deel hiervan. Psalm 91:11-12 verklaar dat Sy engele ons beskerm waar ons ook al mag gaan, op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen ‘n klip sal stamp nie. Dit is waarom ek vra dat engele opdrag sal kry rondom my (of dit my huis is, my hotelkamer of waar ek ookal mag slaap). Let wel, dat ek hulle beveel om bo my, onder my en om my te wees. Ek verstaan dat bo en onder my met dimensionele toegangspunte deel, en as ek daarvoor bid, ek beskerm word teen aanvalle wat van verskeie dimensies afkomstig is. 

 

4. “Ek sê vir die Here: U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.” (Psalm   91:2) Die vesting van God, wie sal nie daar wil slaap nie?

 

5.“Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou woonplek kom nie. (Psalm 91:10) Dit is   vanselfsprekend.

 

6. Hierdie is ‘n lys van algemene vorme van gewapende demoniese aanvalle. Dit is nie heeltemal volledig nie, maar voldoende vir die taak. Ek het voorheen altyd gebid dat enige vloek beeïndig moet word, maar nou bid ek dat dit omgekeer word. Waarom so? Eerstens, as ‘n vloek omgekeer word op die kop van die een wat dit gestuur het, is dit ‘n sterk ontmoediging om daarmee voort te gaan. Tweedens, wanneer ‘n vloek omgekeer word met die doel om die krag van Jesus te openbaar, glo ek, dat Jesus hierdie gebed sal eer en dat dit ‘n getuienis sal wees. Op grond van watter Skrifgedeeltes kan ‘n vloek omgekeer word? Die Bybel is duidelik dat ons deel het in Abraham se seëninge (Galasiërs 3:14). Deel van Abraham se seëninge bevat die belofte dat dié wat hom vervloek, self vervloek sal wees en dié wat hom seën, geseënd sal wees (Genesis 12:3). Waarom sewevoudig? Dit is rofweg gebasseerd op die belofte dat my vyande teen my sal optrek, in een rigting, maar in sewe rigtings sal wegvlug (Deuteronomium 28:7).  Die Bybel sê ook dat wanneer die dief gevang word, hy sewevoudig sal teruggee (Spreuke 6:31).  Dit spreek van sewevoudige gevolge vir verkeerde dade.

 

7. Demone is nie die enigste geeste wat rondsluip nie. Die duiwel het ook menslike agente wat baie van hulle werk “buite-liggaamlik” doen. Dit word soms “astrale projeksie” genoem. Wanneer ‘n persoon buite-liggaamlik optree, in ‘n geestelike vorm, is dit nie dieselfde as wanneer jy met ‘n demoniese gees te doen het nie, want hulle is nie onder dieselfde jurisdiksie as demone nie.  Hulle het ‘n vrye keuse en hulle reageer nie noodwendig op die Naam van Jesus soos demone nie, want hulle het ‘n menslike natuur.  Net soos wat ek nie noodwendig mense in die Naam van Jesus kan beveel nie, in ‘n mate is dit waar, as hulle in die gees is. Daarom word engele beveel om hulle uit te lei, as hulle poog om my teen te werk.  Hierdie is nie ‘n teorie nie; die effektiwiteit van die gebed is bewys deur ondervinding. Engele kan ook beveel word om gevalle engele vas te vat, asook ander kwaadwillige geeste wat teen my is. ‘n Geveg met ‘n gevalle engel kan soms baie meer intens wees as ‘n demoniese aanval.  Ek sal dan eerder engele opdrag gee om beheer oor te neem, voordat ek in die geveg betrokke is, nie waar nie?

 

8.“Die Here het uit die hemel laat dreun, die Allerhoogste het Sy stem laat hoor in hael en weerligstrale.” (Psalm 18:14) Ja, God het pyle en weerligstrale en ja, ons kan dit gebruik. Die vurige pyle van die vyand (Efesiërs 6:16) wat baie gelowiges geleer is, is ‘n vervalsing van God se pyle. Hierdie pyle sal baie kragtige skade aanrig aan die duisternis se leërmag. Wanneer ‘n persoon uit sy liggaam beweeg om my aan te val en deur engele uit die hemel teëgestaan word, sal hulle verslane opdrag hul frustreer. Hulle sal nie weer wil terugkeer as hulle getug is deur hemelse pyle en die weerligstrale van God wat ten doel het om die hoogste krag van Jesus te bewys nie.

9. Psigiese verskynsels, telepatie en ander vorme van gedagte-tot-gedagte kommunikasie, val nie noodwendig onder dieselfde kategorie as vloeke en gewapende demoniese aanvalle nie. Die oortreder is ook nie noodwendig buite sy liggaam nie en poog geen geestelike aanval as teiken nie. Vir hierdie rede word dit apart gelys, eenvoudig om die vyand se “telefoonlyn te sny” as ek dit so kan stel. Hierdie is deel van die gebed wat ek ingevoeg het as gevolg van my eie ondervinding waar die vyand verskeie kere in my gedagtes probeer inspraak lewer het  terwyl ek geslaap het. “ daarom, omgord die lendene van jul denke met die waarheid, wees verstandelik wakker en nugter en vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus” (1 Petrus 1:13)

 

10. God het baie in die Bybel deur drome gepraat. Byvoorbeeld, Hy het met Jakob gepraat in ‘n droom in Genesis 42:2 en Hy het met Daniël gepraat in ‘n droom in Daniël 7:7 en 7:13. Bid dat God dieselfde vir jou sal doen, en dat jou drome deur Sy invloed beperk sal word.

 

11. “Jy sal nie bang hoef te wees as jy gaan slaap nie; as jy gaan lê, sal jy rustig slaap (Spreuke 3:24) Rustig slaap is ‘n belofte van God vir Sy kinders! Moet nooit anders daaroor dink nie.  Die duiwel is ‘n leuenaar en hy sal probeer om jou te mislei uit dit wat regmatig aan jou behoort. Moet hom nie toelaat nie. Jou erfdeel in Christus mag vereis word!

 

12. “Die nag is byna verby; dit is amper dag. Laat ons dan ophou met die werke van die duisternis; laat ons die wapens van die lig opneem(Romeine 13:12)

 

13. “Trek daarom die wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en nadat julle de stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan. Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete. Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die bose kan afweer. Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God.” (Efesiërs 6:13-17). Let wel: in my gebed gebruik ek ‘n verskillende orde, eenvoudig omdat ek van kop tot voet die wapenrusting opneem. As die orde vir jou gemakliker is, soos wat die Apostel dit gebruik, is dit in die haak.

 

14. “Wat julle ook al in My Naam vra, sal Ek doen sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word” (Johannes 14:13). Vra alles in die Naam van Jesus. Sy Naam reflekteer Sy karakter. Dit bevat die krag van Sy almagtige outoriteit!

                                                          

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.