Aborsie Gebed

In  die wêreld is die argument tans dat aborsies wettig moet wees omdat dit die vrou se keuse is, (pro-keuse) en dat dit haar die reg gee om te kies of sy met die swangerskap wil voortgaan of nie, en dit   het die deur oopgemaak tot n epidemie.  Elke jaar word honderde duisende babas vermoor in aborsie klinieke in die VSA en miljoene regoor die wêreld.  Geen statistieke of  getalle is tans  beskikbaar vir die hoeveelheid aborsies en rituele moorde van babas wat plaasvind binne die konteks van sataniese sektes oor die wêreld heen nie, ook nie dié van wat meisies so jonk as 8 of 9 jaar gebruik as telers vir hul kinderoffers nie.

Daar is baie vrouens wat al aborsies gehad het,  die skande en skuldgevoelens wat daarmee gepaard gaan word later dan net ñ  té groot las om te dra of te erken,  veral teenoor naaste vriende en familie.  Ander weer, wat sonder morele standaarde grootgemaak is, en wat dalk al veelvuldige aborsies gehad het, kom ook eers later dan tot die besef dat dit moreel verkeerd is.  Dus, dit behoort  nie as ‘n algehele verrassing te kom dat die behoefte vir bevryding van aborsie vergesog is nie – soos vrouens wat regoor die wêreld  probeer aangaan met die lewe asof hul aborsies geen impak op hul lewens het nie,  maar later ontstaan daar dalk probleme soos:  sukkel om swanger te word,  ñ problematiese  swangerskap, probleme tydens kraam,  depressie, angstigheid, asook probleme in die lae rug en vroulike organe van die liggaam, wat direk verband hou met die aborsie(s).  Totdat daar dan nog nie  bevryding plaasgevind het nie, gaan  geen hoeveelheid  medikasie of besoeke aan dokters dié probleme kan oplos nie.

Wat nie duidelik verstaan word deur meeste mense nie, is hoe diep die implikasies van aborsie kan wees. Geaborteerde weefsel word versamel en verskaf aan instansies wat dit gebruik vir die vervaardiging van entstof, skoonheidsprodukte en selfs ook in die voedsel- en drankbedryf.  Die onreg wat gedoen word aan geaborteerde babas, wat aangemeld word, is slegs die punt van die ysberg. Wat in geheime laboratoriums en in ondergrondse fasilitiete gebeur, is veel erger.  Om hierdie redes, sal die taal wat in die gebede hieronder gebruik word heelwat uitgebrei wees en sal dit heel moontlik ‘n ongelooflike bevryding teweegbring vir dié wat ‘n aborsie gehad het.

As jy dalk nie kan onthou of jy ‘n aborsie gehad het nie, maar tog vreemd genoeg  aangetrokke voel tot hierdie gebed, beveel ek sterk aan dat jy tog gebruik sal maak daarvan.  Baie mense wat deur sataniese   rituele en/of  kultusse misbruik is, onthou nie dat hulle betrokke was nie en as hulle swanger geraak het as kind en geforseerd is om te aborteer of rituele offers meegemaak het, sal hulle dit nie onthou nie. Wat ookal,  beteken dit nie dat bevryding nie nodig is nie.  

Vader in die hemel, Ek kom voor U in die magtige Naam van Jesus Christus en ek bely dat ek ‘n aborsie gehad het.  Ek erken dat dit moord in U oë is en dat ek nie net U hart in die proses baie seergemaak het nie, maar dat ek ook aan die vyand se agenda om ‘n generasie te verwoes,  deel gehad het.  Ek erken dat ek deur die aborsie toegang gegee het aan die bose instellings om my ongebore baba se DNA, RNA, selle en beenmurg te gebruik vir die ontwikkeling van goddelose entstof en dat ek gehelp het om krag te gee aan die bose agendas van my nasie wat daarop staat maak om baba-offers en die bloed van die onskuldige te gebruik om die aarde en die inwoners op aarde, te vernietig.  Om hierdie redes, bely ek.  Ek verklaar my aborsie(s) nietig.  Ek kies om vergifnis van U te ontvang en verder kies ek om myself te vergewe.

Hiermee verklaar ek dit dan nietig, asook dat ek afsien van alle verbondenheid aan, oorlegging en koppeling met, asook alle verbintenisse met dood, moord, rituele offers, verminking, skande, Molog en alle entiteite wat toesig hou en gevoed word op baba offers, alle bose entiteite wat toesig hou en voed op die bloed van die weerlose, die aborsiekliniek(e), alle instrumente wat gebruik is in die uitvoering van my aborsie(s), enige voorvadergeeste betrokke in die aborsie(s) en die dokter of fasiliteerder wat die aborsie(s) uitgevoer het, wat van hier af aan verwys sal word as die “groep”.  Ek verklaar alle punte nietig  wat gekoppel is aan my genetika, enige tipe selle, DNA-stringe, beenmurg, *meridiaanlyne, energievelde, akupunktuurpunte, ankers en merkers. Ek spreek alle magte van duisternis aan wat geassosieerd is met die groep, insluitend alle oersiele en kwantum tegnologieë en dit dien as ‘n egskeidingsbrief.  Ek roep elke versteekte dokument op wat ‘n verbond sluit, ‘n kontrak of ooreenkoms is, sertifikate, n verklaarde eed of belofte van my waarin ek  verstrengel is, insluitend alle ander boeke wat verband hou met wysheid,kennis, filosofie, tydreis, vrymesselary, programmering, rekenaarwese asook bose heilige boeke.  Ek beveel dat dit alles gestempel word met die bloed van Jesus en dat dit alles vasgespyker word aan die kruis van Jesus Christus en verbrand word deur die Heilige verbrandende vuur. 

  • *meridiaanlyne – onsigbare lyne wat lewegewende energie deur die liggaam versprei

In die Naam van Jesus, bid ek dat U U hemelse wesens opdrag sal gee om elke deel, energie bron of poort wat aan my behoort en wat aan my lojaal is, afgestam of in gevangenisskap is, te ontdek. Ek bid dat hierdie dele na die troon van die Vader, in die hemel, vergesel sal word, om gesuiwer te word en totaal genees en bevry te word. 

Ek identifiseer nou die hele grondgebied wat die groep ingeneem het,  insluitend die grondgebied in my genetiese kode, ankers, enige tipe selle, beenmurg, meridiaan lyne, energie handtekeninge, akupunktuur punte, DNA lyne en bloed. Verder, ingesluit ook alle grondgebiede in my fisiese liggaam, asemhalingsisteem, verteringsisteem, kardiovaskulêre sisteem, niersisteem, endokrine sisteem, senuwee sisteem, spierskeletale sisteem, eksokriene sisteem, glimfatiese sisteem, limfatiese sisteem, immuniteit sisteem, asook my seksuele en reproduktiewe sisteem, alle dele van my brein (prefrontale korteks, frontale lob, temporale lob, pariëtale lob, oksipitale lob, breinstam, korpus kollosum, HPA-as), siel, gees, inplantings, hart, besluite, aanbidding, besigheid, bediening, lot, sterre, kantore, tempel, sub-atomatiese deeltjies en verhoudings.  Ek handig die grondgebied oor aan die Koninkryk van God en ek nooi U, Here Jesus, om die troon op te neem en om oor hierdie grondgebied met U ysterstaf te regeer. 

In die Naam van Jesus, bind ek nou alle poortwagte en ek ontbloot elke toegang wat geassosieer word met die groep en hul verbintenis met my genetika, merkers, enige soort selle, meridiaan lyne, energie handtekeninge, akupunktuurpunte, beenmurg, DNA stringe, sterk vestings en bloed en alle gevoelsintelligensies, tesame met hul agendas, gekoppel met realms, tydlyne en alles wat vervals en oorgeërf is.

Ek plaas die bloed van Jesus oor alle ingange en openinge van alle tye, realms, eras en dimensies, verlede, hede en toekoms, tot in alle ewigheid vanaf die begin van alle ewigheid, insluitend alle alternatiewe aardes en seël dit af met die Heilige Gees. Ek verklaar dat hulle in ‘n slaap geplaas is en permanent gedeaktiveer is vanaf hierdie punt aan in tyd, uit tyd, vorentoe, agtertoe en in elke rigting, van binne af uit, onderste-bo en agterste voor, omgekeerd en omgedraaid.

Ek neem die swaard van die Gees, wat die Woord van God is, en ek bevry myself van alle goddelose koorde en oorlegsels wat gekoppel is aan die bestaan as die groep.  Ek bevry my genetika, merkers, selle , beenmurg, meridiaanse lyne, energie handtekeninge, akupunktuur punte, DNA stringe en bloed.  Ek sny my af van alle outomatiese intelligensie sisteme, saam met hul agendas, verwante realms, tydlyne en vervalsde erfporsies  in die Naam van Jesus.

Hiermee stuur ek terug elke vorm van vervalsde erfporsies wat verband hou met die groep, insluitend beloofde rykdom, vergoeding, posisie, status, roeping, vermoëns, krag, wortels, hoogmoed, genetiese kode, enige iets wat dormant lê, goddelose strukture, goddelose inentings, vervalsde burgerskap, goddelose burgerskap en alle verwante regte van toegang tot rituele roetes asook  enige ander vorm van vervalsde erfporsies, in Jesus se Naam. Ek weier dit en bevry myself van dit van hierdie punt af aan, in tyd, uit tyd, vorentoe, agtertoe en in alle rigtings, van binne af uit, onderste-bo en agterste voor, omgekeerd en omgedraaid. Ek kies om my erfporsie in Christus te ontvang. Ek verklaar ook U Woord in Spreuke 13:22, wat sê dat die rykdom van die goddelose is in die hande van die regverdige. Ek ontvang die rykdom, vryheid, gawes en vermoëns wat in aanhouding as gyselaar was by die groep, ek verklaar dat ek ‘n ontvanger van rykdom is wat nou oorgeplaas word na my toe in die Naam van Jesus.  Verder,  verklaar ek ook dat my fisiese kinders en my kinders se kinders is erfgename in Jesus Christus en ek ontvang hulle en hulle verlossing in Jesus Christus en ek verloën al my skuld aan die groep. Ek spreek my ongebore kind/kinders vry van slawerny van die groep en verwag die redding en herwinning van al hul saamgevoegde DNA, RNA, selle, bloed en beenmurg, en die verwydering van hul siel en/of gees fragmente van alle realms en handelroetes, van alle tye, spasie, dimensie en realiteit in lig en sy omgekeerdes. Ek verklaar dat al hierdie elemente van my ongebore kinders opgedra word aan die Vader in die hemel vir restorasie en genesing. Ek verloën alle geestelike kinders en goddelose nageslag wat verband hou met die groep en ek maak alle kwantum verbintenisse wat met hul oorsprong te doen het,  ongedaan.  Ek beveel nou dat veroordeling en suiwering met die lewende water en alom verterende vuur sal plaasvind in elke spasie of realm wat deur hul beset, en/of aan hul gekoppel is. Ek verloën alle goddelose vaderlike en moederlike eise, borgskappe en affiliasies, vakleerlingskap, koninklike afsprake, huwelik seremonies, kantore en raadsafsprake, geassosieerd met die groep. Ek bid dat alle geassosieerde inwydings, seremonies en vieringe  van die groep, nietig  verklaar word. Deur dit te doen, verklaar ek nou ‘n omkering van elke goddelose aankondiging en veroordeling wat teen my gespreek is, asook teen my huishouding, nageslag, finansies, huwelik, bestemming, mandate, sterre, goddelike boekrolle of enige ander geïmpliseerde komponente van my lewe,  koepels of metrons.

Ek ontvang nou ‘n bloedoortapping en ‘n nuwe asem van lewe, van Jesus Christus.  In die proses verklaar ek dat alle goddelose stroombane van die groep insluitende  nanotegnologie, agterdeure, voordeure, sydeure, valdeure, binne deure, buite deure,  antieke deure, oneindige deure, weggesteekte deure, koorde, insekte, vampierstrukture, oorbegin toestelle, energie dreinerende toestelle, inplantings, drade, kabels, skyfies, rekenaars, kettings, programme, kragbronne, anomaliese magnetiese velde, gravitatoriese  manipulasies, kwantum heropwekkers,  reseptore, sterstof, parallel tydlyne, vervalste tydlyne, verdraaiing van tyd, swart gate, bokse, hiperkuboïede, vervalste sterrestelsels, vervalste konstellasies, vervalste sonsisteme, vervalste kosmosse, vervalste heelalle, vervalste hemele, robotte, embrios, fetusse, hologramme, spirale trappe, gelukbringers, klone, data pakette, goddelose oorplantings en eiers is nou vernietig en dat alle oorblyfsels nou gesuiwer is met die lewende water.  Ek herroep al my DNA wat verkoop, verhandel, verruil, weggegee of gehuisves is in klone, masjiene, tegnologieë, entiteite, banke of enige iets wat onwettige in besit is en verklaar dat dit nou  gereinig, gesuiwer en gesond  is met die  lewende water.

Ek neem nou outoriteit oor elke bose gees in  en om my wat in werking was, en nog steeds in werking is  as gevolg van die groep en hul intergekoppelde punte met my geassosieerde genetiese kode, ankers, merkers, selle of enige tipe meridiaanse lyne, energie handtekeninge, akupunktuur  punte, DNA strande, beenmurg, opdragte en bloed. Ek verklaar dat jy ontbloot, aangekeer, vasgebind, deurboor  en uit my gewerp is vir veroordeling.  Ek ontbloot ook elke deel wat teen my genetiese komponente is en almal wat met die groep geassosieer is en bymekaar gehou word deur ‘n verbintenis koord. Ek verklaar dat alle koorde, koorde in koorde, en drievoudige koorde nou geknip is en dat alle dele in hul komponente verwyderd is.  Alle goddelose komponente en komponente wat nie van my af is nie, is nou gebind.  Ek verklaar dat hulle almal nou gestuur word na waar ookal die ware Here Jesus Christus hulle stuur.

Ek bid dat elke geestelike voorwerp, tatoeëring, toestel, etiket, juweel, gelukbringer, halssnoer, oorring, klip, kroon, ring, armband, gelukbringer, kledingstuk, septer, merker, kragbron, opsporingstoestel, sisteem, netwerk, handelsmerk, sataniese boekrol, Nuwe Wêreld Orde boekrol, super-soldaat boekrol, Illuminati boekrol en alle matriksgeassosieerde en alle bose bestellings wat geplaas is in en om elke deel van my om my vas te anker aan die groep, dat dit verswelg sal word in die heilige vuur van Jesus Christus en totaal vernietig sal wees.

Ek roep en verklaar dat elke algoritme of formule van my DNA en genetiese materiaal (of dié van my ongebore kind/kinders) wat geskep is om deur die groep geprojekteer te word, nou toegemaak en gesluit sal word in elke era, realm, dimensie en tydlyn, verlede, hede en toekoms, vir ewig, insluitend alle ander alternatiewe aardes. Ek beveel die onmiddellike gevangeneming van alle hibriede, kosmiese kunsmatige intelligensie en die tegnologie agter daardie projeksies, en beveel so ook dat virusse met hemelse algoritmes gekodeer  en opgelaai sal  word binne-in hul en hul rekenaars sodat dit vernietig sal word volgens veroordeling. 

Ek identifiseer nou elke interstellêre en interplanetêre databank en rekenaar wat in hul rekords of hooframe die volgende bevat:  data, vergelykings, dele, algoritmes en informasie van enige soort, wat van my menswees of die menswees van my ongebore kind/kinders onttrek is.  Ek verklaar  dat engele nou deur God gestuur word om elke deel van my vry te maak wat gevange gehou word in hierdie databanke.  Ek bid dat alle ander rekords en informasie wat my verteenwoordig nou kragdadig uitgewis en permanent geskrap sal word.  Ek roep die blitse van God om elke goddelose altaar (beide offerandes en eerbewyse) te vernietig asook afbeelde wat binne-in die groep vasgevang was wat my verteenwoordig het (of my ongebore kind/kinders), naamgenote, beelde of ooreenkomste, wat in my is of wat die groep verteenwoordig en hul name dra.  Ek verklaar dit nou nietig en vra ook vir die verwydering van elke vloek en goddelose inspraak wat geplaas is in die tye en seisoene van my lewe wat in sinkronisering met die groep is.  Ek ontvang nou sinkronisasie wat oor my geskryf is in die boeke van die Allerhoogste God.

Laastens, roep en verklaar ek dat suiwering en heling van my baarmoeder deur die lewende water wat vloei van die troon van God af nou sal plaasvind.   Ek verkaar nou alle doodspoorte wat geopen is in my baarmoeder nietig, asook dat dit geslote en geseël is vir ewig.  Ek verklaar ook nou dat my baarmoeder direk gekoppel is aan die Koninkryk van God in die derde hemel,  en daarom sal dit verseël en beskermd wees as ñ plek wat lewe voortbring sodat enige toekomstige kinders wat my baarmoeder gaan beset, die gebied sal besit deur die Koninkryk van God alleenlik.  Ek bevry my liggaam dan nou van die gevolge wat sondeverwant is aan  die aborsie(s), en ontvang genesing in my seksuele sisteem, vroulike dele, lae rug, niere, in die renale, adrenale en urinale stelsels asook in enige ander sisteme en stelsels in my liggaam wat deur die aborsie(s) geaffekteer is.  Ek verklaar dat ek ‘n nuwe skepsel in Christus Jesus is.  Ek verklaar dat hierdie werk gevestig en gestand is in alle oneindighede,  van oneindighede, anderkant ewighede,  van ewighede,  asook anderkant  tydwiele wat bestaan, wat eens bestaan het,  kon of nie kon bestaan,  alles tussen in,  aan alle kante van die skepping en in alle multiversums..  

Amen.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.