Vryheid van Illuminati Bloedlyne en Genetika

In die proses om vryheid in Christus Jesus te verkry, kan dit soms nodig wees om van Illuminati-bloedlyne te skei. Die magte van die duisternis skep verbonde, kontrakte en ‘n magdom verskillende soorte ooreenkomste wat bloedlyne verskuldig is. Diegene wat in hierdie families gebore is, word gebore in genetiese gebondenheid aan die magte van die duisternis wat oor hierdie families heers. Ons het gevind dat groot hoeveelhede bevryding in ‘n relatiewe kort tydperk bereik kan word deur die bloedlyne direk deur die familie vanne aan te spreek.

Rothschild     McDonald     Cavendish     De Medici

Hanover     Krupp     Hapsburg     Plantagenet

Rockefeller     Romanov     Sinclair     Warburg

Windsor     Astor     Bundy     Collins

Du Pont     Freeman     Onassis     Reynolds

Russell     Van Duyn     Disney     Merovingian

Bruce     Li     Kennedy     Bauer

Oppenheimer     Bush     Grimaldi     Saxon

 

Gebruik die onderstaande video om saam met Dan Duval deur hierdie bevrydingshulpmiddel te werk. Voordat jy begin MOET JY die familie vanne waarvoor jy bevryding wil ontvang HARDOP ARTIKULEER. Dit word aanbeveel dat jy slegs deur hierdie gebed gaan vir een familienaam op ‘n slag. Eers wanneer jy familiêr geraak het met hierdie bevrydingsproses is dit sekerlik moontlik om ‘n klomp familiename op een slag aan te spreek terwyl jy deur hierdie gebed werk. Verwys gerus na assessering 4 indien jy hulp nodig het om die Illuminati Bloedlyne te identifiseer waarvoor jy hierdie hulpbron gaan implimenteer voordat jy voortgaan.

 

Die Gebed

  1. Vader in die hemel, ek kom voor U in die magtige Naam van Jesus Christus en ek verloën _______________bloedlyn, genetika, goddelose DNA-stringe beenmurg, sellulêre programmering, ankers en merkers, en al die magte van die duisternis wat hiermee geassosieer word,  en dien vir hulle ‘n skeibrief. Ek trek die verborge dokumente op wat elke verbond, kontrak, sertifikaat, eed en gelofte, wat my verstrik, uiteensit en beveel dat hulle met die bloed van Jesus gestempel moet word.
  2. In die Naam van Jesus, bid ek dat U hemelse leërskare opdrag gegee sal word om elke alter/deel wat aan my behoort en wat lojaal is aan _______________ bloedlyn  te ontdek en vas te vang.
    • Ek bid dat daardie dele tot voor die troon van die Vader in die hemel begelei sal word om gesuiwer te word van hulle _______________ komponente en om volkome genees en verlos te word.
    • Ek bid dat daardie dele na die voete van die Leeu van die Stam van Juda begelei sal word om van hulle _______________ komponente gesuiwer te word en om volkome genees en verlos te word.
    • Ek bid dat daardie dele aan die slaap gemaak sal word.
    • Ek bid dat daardie dele afgedank en gestuur sal word na waar die Here Jesus hulle ook al stuur.
       
  3. Ek gee nou al die gebied in my wat beset is deur _______________ genetiese kode, merkers, beenmurg, goddelose DNA-stringe, sellulêre programmering en bloed, en alle lewensbewuste intelligensies en hul agendas, gekoppelde ryke en tydlyne, oor na die koninkryk van God en ek nooi U uit, Here Jesus, om die troon in te neem en met U ysterstaf oor hierdie gebied te heers.
  4. In die Naam van Jesus, bind ek nou alle poortwagters, en ontdek iedere en elke portaal-toegangspunt wat geassosieer is met _______________ genetika, merkers, beenmurg, goddelose DNA-stringe, sellulêre programmering, altare, vestings en bloed, en alle lewensbewuste intelligensies en hul agendas, gekoppelde ryke, tydlyne en alle vervalste erfenis wat daarmee geassosieer word.
  5. Ek plaas die bloed van Jesus op elke portaal-toegangspunt in alle tydlyne, elke ryk, tydperk en dimensie, verlede, hede en toekoms, tot in oneindigheid, en ek verseël hulle met die Heilige Gees. Ek verklaar dat hulle aan die slaap gemaak is en permanent gedeaktiveer word vanaf hierdie punt in tyd en buite tyd, vorentoe en agtertoe en in elke rigting, agterstevoor, onderstebo, heen en weer, omgekeer en gedraai.
  6. Ek neem die swaard van die Gees, wat die Woord van God is, en ek sny myself vry van alle _______________ genetika, merkers, beenmurg, goddelose DNA-stringe, sellulêre programmering en bloed, insluitend alle lewensbewuste intelligensies en hul agendas, verwante ryke, tydlyne en vervalste erfenis, in Jesus se Naam. 
  7. Ek gee elke vorm van vervalste erfenis terug, insluitend beloofde rykdom, posisie, status, roeping, vermoë, wortels, mag, trots, genetiese kodes, saad en enige ander vorm van vervalste erfenis, in Jesus se Naam. Ek weier dit en skei myself daarvan, en vanaf hierdie punt in tyd en buite tyd, vorentoe en agtertoe en in elke rigting, agterstevoor, onderstebo, heen en weer, omgekeer en gedraai, kies ek om my erfenis in Jesus Christus te ontvang. Ek verkondig ook U Woord, wat sê dat die rykdom van die goddelose opgegaar word vir die regverdiges. Ek ontvang die rykdom wat gyselaar gehou word deur my _______________ bloedlyn as ‘n ontvanger van rykdomoordrag in Jesus se Naam. Verder is my fisiese kinders ‘n erfdeel in Jesus Christus, en ek ontvang hulle en hulle verlossing in Jesus Christus. Ek verloën alle geestelike kinders wat verwant is aan my _______________ bloedlyn en maak alle kwantum-verstrengelinge wat betrokke is by hul skepping ongedaan. Ek beveel hulle oordeel en die suiwering van die ryke wat hulle beset deur oordeel deur lewende water. 
  8. Ek ontvang nou ‘n bloedoortapping van Jesus Christus. In die proses verklaar ek dat alle _______________ stroombane, nano-tegnologie, agterdeure, voordeure, sydeure, valdeure, oneindige deure, koorde, insekte, vampiriese strukture, terugstel-toestelle, energiedreinerende toestelle, inplantings, drade, kabels, skyfies, rekenaars, kettings, programme, rugsteun-programme, kragbronne, rugsteun-kragbronne, reseptore, robotte, embrio’s, fetusse, klone en eiers vernietig word, en dat al hul oorblyfsels met lewende water gesuiwer word. Ek eis en ontvang ook elke deel van my wat deur _______________ of in sy/haar ryk gevange gehou is. 
  9. Ek doen ‘n beroep op geregtigheid en ek bid dat _______________ nou ‘n honderdvoudige terugkeer sal maai vir al die boosheid wat teen my, my voorvaders, en almal wat ek verteenwoordig, gesaai was, in die vorm van geregtigheid en oordeel en toorn, pyle en weerlig, haelstene , tsoenami’s van lewende water, en plundering deur die weermagte van die hemel, in Jesus se Naam. 
  10. Ek neem nou gesag oor elke bose gees aan die binnekant van my en rondom my wat werksaam was as gevolg van my _______________ bloedlyn, genetiese kode, merkers, goddelose DNA-stringe, beenmurg, sellulêre programmering, opdragte, oordele en bloed. Ek verklaar dat julle ontdek, aangekeer, gebind, deurboor en uit my gestoot word vir oordeel. Ek ontdek ook elke deel wat ‘n samestelling van genetiese komponente van my is en ander wat met die bloedlyn geassosieer word en bymekaar gehou word deur ‘n koord wat bind. Ek verklaar dat die koorde gesny word, dat koorde in koorde gesny word, en dat alle drievoudige koorde gesny word, en dat elke deel in sy komponente in geskei word. Alle demoniese komponente, en komponente wat nie van my af is nie, is nou gebind. Ek verklaar dat julle almal nou gestuur word waarheen die ware Here Jesus Christus julle stuur.

  11. Laastens bid ek dat elke geestelike voorwerp, tatoeëer-merk, toestel, etiket, juweel, amulet, halssnoer, oorbel, kroon, ring, armband, sjarme, kledingstuk, septer, merker, kragbron, opsporingstoestel, sisteem, rooster of handelsmerk wat in of rondom elke deel van my geplaas is om _______________ in te anker verteer sal word in die heilige vuur van Jesus Christus en totaal ontbind word. Ek maak elke deur bekend en onbekend, gesien en ongesien, toe en noem hulle heeltemal verseël in Jesus se Naam. Ek verklaar hierdie hele belydenis gevestig in elke tydlyn, tydperk, ryk en dimensie, verlede, hede en toekoms, tot in oneindigheid. Amen.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.