Essensie is lewe. Hierdie gebed sal jou bemagtig om die essensie van iemand oor wie jy bid te seën. Hierdie is ‘n baie kragtige instrument van die bediening wat, hoewel dit kort is, groot transformasie sal aanbring. Hierdie gebed strek deur ‘n persoon se geestelike geskiedenis tot aan die heel begin van hulle skepping deur Jesus.
Here God, ek dank U vir U teenwoordigheid in ons midde want daar is geskrewe dat waar twee of drie in U Naam vergader is, is U in ons midde. (Naam) se gees, ek seën jou in die Naam van Jesus. Ek eer jou in die Naam van Jesus. Ek nooi jou uit om op die oppervlak teenwoordig te wees. (Naam) se gees, ek het nodig dat jy ‘n paar dinge onthou. Jy is lig van Lig, jy is vuur, jy is asem, jy is wind, jy is ‘n rivier, en jy is liefde. Ek nooi jou uit om langsaan die siel te praat, terwyl ons hierdie seën oor die essensie uitspreek.
Ek nooi die Heilige Gees om nou deur my essensie te vloei in die Naam van Jesus. Heilige Gees, sal U, nou dadelik, U vertroosting en voorspraak bedien deur my essensie dwarsdeur alle siklusse en eeue wat terug strek tot by die begin. Verder bepaal ek dat die bloed van Jesus nou deur my essensie vloei. Ek bepaal dat die Lewende Water, wat vanaf die troon van God vloei, nou deur my essensie vloei. Ek bepaal dat die Lig van God nou deur my essensie vloei. Ek bepaal dat die salwingsolie nou deur my essensie vloei. Agape Liefde van God, ek nooi jou uit om nou deur my essensie te vloei. Jesus, ek dank U vir hierdie bediening na my essensie, en nooi U asem in my essensie in en in die verloop regstelling van eeue se skade, besering, misbruik, handel, en besoedeling in. Ek bepaal dat my essensie behoorlike belyning tussen my gees, siel en liggaam fasiliteer, in Jesus se Naam. Amen.