Ek betrek my oorsprongryk en vestig dit oor my kinders. Ek noem my oorsprongryk gelaai met die Name van God: Jehovah-Jireh, Jehovah-Rapha, Jehovah-Shammah, Jehovah-Nissi, Jehovah-Tsidkenu, Jehovah-Makkedesh, Jehovah-Ra’ah, Jehovah-Shalom, Jehovah-Gibbowr, Jehovah-Elohim, Jehovah-Sabaoth, Jehovah-Issuwz, Jehovah-Hoseenu, Jehovah-Quana, Jehovah-Chayil, Jehovah-Milchamah, El-Shaddai, El-Elyon, El-Olam, El-Roy, Yeshua Ha Mashiach.
Verder verbind ek my oorsprongryk met die sewe Geeste van God; die Gees van die Here, die Gees van Wysheid en Begrip, die Gees van Raad en Mag, die Gees van Kennis en die Vrees van die Here. Ek nooi die lewende letters in my oorsprongryk in om in ooreenstemming met hul resonante frekwensies te vibreer en die hemel en aarde sodoende te belyn. Ek roep Aleph, Bet, Gimel, Dalet, Heh, Vav, Zayin, Chet, Tet, Yod, Kaf, Lamed, Mem, Nun, Samech, Ayin, Pey, Tsade, Kof, Resh, Shin en Tav aan, en seën julle in die Naam van Yeshua. Ek vestig my sterre as kragkerne, wat my oorsprongryk, deur belyning en koppelvlak, super-laai. Ek omring my sterre met lewende stene, en refrakteer lig in alle verskillende vlaktes en dimensies in. Ek bedek ook my berge en maak handelsroetes oop na hemelse plekke in Christus Jesus, wat die jurisdiksie en regering van Zion oplê.
Ek maak my oorsprongryk aan die ringe bo en onder die hemele vas en anker dit aan die enjin in die middel van die skepping. Ek belyn my boom van geregtigheid, wat ek met my oorsprongryk verbind en ek laat die rivier van lewende water deur my boom en oorsprongryk vloei. Ek betrek en aktiveer die nuwe onbekende metale wat aan my oorsprongryk geheg is, en oorskry alle hindernisse tussen dit wat organies en sinteties is. Ek vestig ook my trone in die middel van my oorsprongryk en bring hulle in ‘n superposisie in, ten volle gevestig in my heerskappy en gesag in Christus Jesus.
Ek dank U vir die kinders waarmee U my geseën het. Ek verklaar: Al my kinders sal van die Here geleer wees, en die vrede van my kinders sal groot wees (Jesaja 54-13 AFR1953). Kyk, kinders is ‘n erfenis van die Here, die vrug van die moederskoot is ‘n beloning. Soos pyle in die hand van ‘n krygsman, so is die kinders van my jeug. U Woord verklaar: “Gelukkig is die man wat sy pylkoker daarmee gevul het! Hulle sal nie beskaamd staan as hulle met die vyande in die poort spreek nie.” (Psalm 127:3-5 AFR1953). Ek verklaar oor my kinders dat hulle geseënd is in hul liggaam, siel en gees. Al die dae van hulle lewens was opgeskryf in U boek toe daar nog geen van hulle was nie (Psalm 139:16). Ek beveel die manifestering van belyning tussen my kinders en wat in U boeke opgeskrewe staan. Ek stel ‘n engelewag rondom my kinders en verklaar dat U engele hulle op hul hande sal dra, sodat hulle nie hul voet teen ‘n klip sal stamp nie (Psalm 91:11-12 AFR1983). Ek bestraf en laat geen ongeluk of rampspoed wat permanente besering of misvorming aan hul liggame sal veroorsaak, toe nie. Ek spreek dat hulle funksioneer in ooreenstemming met die seëning van Abraham (Galasiërs 3:14). Ek spreek dat almal wat hulle seën geseën sal word, maar diegene wat hulle vervloek vervloek sal word (Genesis 12:3) Ek verklaar ook dat U Jehovah-Shammah is, die God wat daar is, en U is daar wanneer ek nie daar is nie. Ek spreek dat U ‘n muur van vuur rondom my kinders is (Sagaria 2:5).
Ek bid dat U sal reël vir die vriende wat my kinders omring om positiewe ervaringe en seëninge te bring, en dat hulle my kinders sal aanmoedig om in hulle volle potensiaal in te tree. Ek bid dat vriende wat deur die vyand gestuur is om my kinders op ‘n dwaalspoor te lei in versoeking, sonde en vernietigende gedrag weg van my kinders af gerig sal word, in Jesus se Naam. Ek stel my vertroue in U vermoë, Here God, en verklaar dat my kinders eerste U kinders is, en dat ek U aangestelde rentmeester oor hulle lewens is. Ek ontvang daagliks wysheid van U Gees om hulle af te rig ooreenkomstig die pad wat hulle moet loop, sodat hulle as hulle oud is nie daarvan afwyk nie (Spreuke 22:6 AFR2020).
Ek verklaar dat U sal stry met dié wat met ons stry, en U sal my kinders red (Jesaja 49:25). Ek verklaar dat U hulle skild, hulle skutter en hulle agterhoede is (Psalm 91:4, Jesaja 52:12). Vader God, U voorsien in elke behoefte wat hulle het volgens U rykdom in heerlikheid deur Jesus Christus (Filippense 4:19). Ek dank U dat U vermoë om vir my kinders te voorsien my middele te bowe gaan. Ek nooi U uit om aan my kinders te demonstreer dat U hulle hemelse Vader is, sodat hulle verhouding met U onafhanklik van my is. Ek seën my kinders, die werke van hulle hande, en alles, binne U wil vir hulle lewens, wat hulle ingestel het om te bereik .
Ek plaas ook skilde, om vurige pyle wat verwarring, onenigheid, twis, bitterheid en beskuldiging sou bring en sodoende konflik in ons gesin sou veroorsaak, teen te staan. Ek verklaar ook dat vloek, hex, vex, towerspreuk, beswering, vorm van heksery, voodoo, donker kuns, slag, betowering of ander vorme van gewapende demoniese aktiwiteit heeltemal oorheers sal word deur die krag van die bloed van Jesus. Ek spreek ook dat my kinders ingehaal word deur die vrug van die Gees: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. Ek verklaar dat my familie ‘n woonplek van vrede is en dat alle generasie-seëninge wat met my bloedlyne geassosieer word, deur my kinders ervaar word. In Jesus se Naam, Amen.