Gebed vir die Breek van Geestelike Bende-Bekruiping

Gebed vir die Breek van Geestelike Bende-Bekruiping

Baie mense sukkel met agtervolging en aanvalle vanaf demone, mense buite liggaam, beide lewendig en dood, sowel as ander entiteite wat moeilik is om te klassifiseer.  In sommige gevalle is daar volledige spanne van menslike agente wat te werke tree teen ‘n individu se lewe.  Hierdie is veral die waarheid wanneer ‘n persoon uit ‘n situasie kom waar hulle Jesus kies eerder as die bose mandaat of kapasiteit waarvoor hulle aangestel was deur magte van die duisternis en/of binne hulle bloedlyn.  Bende bekruiping in die gees kan uitgevoer word deur voorvaders, beide lewendig en dood, en deur lede van die kultus, sowel as demone en ander geestelike entiteite (bv. geestelike kinders, klone, baster geeste, sintetiese geeste, en saamgestelde entiteite).  Hierdie gebed sal jou met die taal voorsien om ‘n hemelse hofsaak uit te voer om sodoende sulke aktiwiteit af te sluit.

Gebruik die onderstaande video om saam met Dan Duval deur hierdie bevrydingshulpmiddel te werk.  Voordat jy begin MOET JY die sifera of lys van siferae waarvoor jy bevryding wil ontvang HARDOP ARTIKULEER. Dit word aanbeveel dat jy slegs deur hierdie gebed gaan vir een sifera op ‘n slag.  Eers wanneer jy familiêr geraak het met hierdie bevrydingsproses is dit sekerlik moontlik om ‘n klomp siferae op een slag aan te spreek terwyl jy deur hierdie gebed werk.  Verwys gerus na assessering 4 indien jy hulp nodig het om die siferae te identifiseer waarvoor jy hierdie hulpbron gaan implimenteer voordat jy voortgaan. 

Die Gebed

Vader in die hemel, ek kom voor U in die magtige Naam van Jesus Christus en ek verklaar dat U Woord sê om met vrymoedigheid voor U troon van genade te kom om barmhartigheid en genade te vind om te help in ‘n tyd van nood.  Here, ek word agtervolg deur my vyande wat aanspraak maak op my lewe, en ek soek ‘n oordeel in my guns wat my sal bemagtig om my mandaat in Christus Jesus uit te loop.

Ek vra dat ‘n hof ingestel word en ek versoek Jesus Christus om die engele van die Here te voorsien van die koördinate van my vyande wat my agtervolg om my te vernietig, om my van U waarheid te laat bekeer, om my te beheer, my aandag af te trek, of om my weg te draai.  Ek bid dat die engele van die Here die net van die Here, en enige ander tegnologieë wat nodig is, sal gebruik om diegene wat my agtervolg vas te vang, want ek noem hulle aangekla en ek roep hulle nou in die hof van die hemel in, in die naam van Jesus Christus. [Wag om diegene wat in die hof in gebring word waar te neem voordat jy voortgaan.]

Ek vra dat alle verborge dokumente, verbonde, kontrakte, ooreenkomstes, sertifikate, ede en geloftes wat deur my of enige deel van my onderteken is, insluitend wat ek voortaan as “die groep” sal identifiseer: klone, robotte, hologramme, meervolk, tweelinge, kopieë, duplikate, replikas, afgeleides, instappers, ouers, eggenoot(e) of voorouers, wat wetlike regte toeken aan diegene wat my vervolg, nou vir die hof geproduseer word.  Ek vra dat hulle op die weegskaal van geregtigheid geweeg sal word. Ek maak elke bindende dokument wat op ‘n bedrieglike wyse teen my geskep of ingestel is, ongeldig op grond van ooreenkomstes wat deur my of enige deel van my of die groep onder dwang verkry is.  Ek maak verder elke bindende dokument, wat uitgevoer is deur leuengeeste wat nie hul einde van die winskoop nagekom het nie, wat my of enige deel van my of die groep impliseer ongeldig.  Namens my, dele van my en die groep bely en verloën ek die skepping van alle ander oorblywende dokumente. Ek vra nou vir die bloed van Jesus om elke voorgelegte dokument in die hof te stempel wat diegene bemagtig wat my agtervolg en vervolg. Ek vra dat hulle aan die kruis van Jesus Christus vasgespyker word en in sy verterende vuur verbrand word.

Ek vra dat al die volgende elemente wat as toegangspunte tot my lewe, in beide die natuurlike en die geestelike gebruik is, voor die hof aangebied word en daarna deur die vuur van God verbrand word: hare, vingernaels, bloedmonsters, speeksel, ander bronne van DNA, vervloekte voorwerpe, formules, fekale materie, urine, bose heilige bome, rituele altare, verbondsringe, erfstukke, voodoo-poppe, datapakke, naelstringe, opsporingstoestelle, drietand-wapens, toestemmingsvorms en tegnologieë. Ek stem in om enige iets anders spesifiek aan te spreek wat U van my vereis, Heilige Gees, wat my andersins in my vervolging gebonde sal hou.  Bring na vore in my gedagtes enige spesifieke ooreenkomstes of sondes wat ek nou moet neerlê.

[Praat en lê enige spesifieke kwessies wat die Heilige Gees onder jou aandag bring verbaal neer, selfs al verstaan ​​jy dit nie ten volle nie.  Bely, bekeer en verloën alles wat die Heilige Gees na vore bring. As God dele openbaar (of alternatiewe persoonlikhede, vir diegene wat dissosiatiewe identiteitsversteuring het) wat goddelose dinge doen, eis hulle as jou menslikheid, vergewe hulle, bekeer vir hulle sondes, spreek vergifnis van sondes oor hulle, verloën hulle werke, dank hulle af van hulle werk, en roep die engele van die Here om hierdie dele  te begelei tot voor Jesus Christus  vir sy verlossing en bediening.]

Aan diegene wat in die hof ontbied is, verklaar ek dat my seisoen van vervolging deur julle nou verby is. Daar is geskrewe dat soos ‘n mens saai, sal hy maai. Daar is geskrewe dat die Here elkeen wat hierdie tempel afbreek, sal vernietig.

In ooreenstemming met protokol skei ek die menslike en gedeeltelik-menslike agente van nie-menslike agente binne in die hof. Ek bied die evangelie van Jesus Christus aan die menslike en gedeeltelik-menslike agente.  Jesus Christus is die Seun van God en die Skepper. Hy is die eersgeborene onder baie broers. Hy is uit ‘n maagd gebore, Hy het vir ons sondes gesterf en is op die derde dag weer opgewek uit die dood.  Hy het opgevaar in die hemel in waar Hy aan die regterhand van die Vader sit en vir altyd lewe om vir die heiliges in te tree. Hy is die betaling vir ons sondes, en sou jy Hom kies, sal jy vrylik uit genade geregverdig word deur die verlossing wat in Hom gevind word. Sy lyding sal versoening maak vir jou sondes. As jy Hom nie kies nie, sal jy in jou eie lede die oordeel vir jou sondes en onbehoorlikheid ontvang. Kies nou. Ek bid, Here God, dat terwyl hulle hul besluite neem, U stroom van lewende water deur die hofsaal sal vloei om die menslikheid te skei van dié wat as saamgestelde entiteite bestaan. Ek bid dat U swaard toestelle, demone, oogklappe, kunsmatige intelligensie, programme, holografiese tegnologieë, kwantum-koppelvlakke en ander besoedeling sal verbreek wat andersins ‘n besluit vir Jesus sou verhinder om gemaak te word deur diegene wat in die hof geneem is, en sodoende die ware oortuiging van hul menslikheid openbaar en nie die instrumente van hul gebondenheid nie. Here, ek doen ‘n beroep op U om te oordeel en regverdig te oordeel, en dat U engele diegene wat nie vir Jesus gekies het nie, sowel as alle nie-menslike agente, begelei na die plek wat vir hulle bepaal is sodat hulle nie meer opdragte teen my kan neem of ontvang om my lewe te vernietig en my van my hemelse opdragte te laat afwyk nie.  Ek vestig verder ‘n outomatisering op my vryheid sodat elke herstel- en plaasvervangerprogram tot oneindigend en oor ewigheid oorkom word in ooreenstemming met hierdie oordeel. 

Hierin verklaar ek volkome vryheid en outonomie vir my liggaam (respiratoriese stelsel, spysverteringstelsel, kardiovaskulêre stelsel, nierstelsel, endokriene stelsel, senuweestelsel, muskuloskeletale stelsel, eksokriene stelsel, glymfatiese stelsel, limfatiese stelsel, immuunstelsel, en seksuele en voortplantingsstelsel) siel, gees, hart, besluite, aanbidding, bestemming, ampte, besigheid en verhoudings. Ek loof U nou vir vryheid, nuutheid van lewe, en bemagtiging van U, Heilige Gees. Ek dank U dat U my vrygemaak het en ek bid dat versperrings nou opgestel sal word wat alle strewe tot vergeldingspogings sal voorkom.  Ek aktiveer sodoende U Woord namens my lewe en die lewens van my geliefdes. Ek verklaar, Here God, dat U my skild, skutter, agterhoede, sterk toring en vesting is.  Ek plaas my vertroue en geloof in U, Here Jesus. Ek seël hierdie gebed tot ‘n ryk van tydloosheid en anker dit aan elke ryk, ouderdom, tydlyn, dimensie, frekwensie, vibrasie, planeet, kosmos, konstellasie en heelal, verlede, hede en toekoms, tot in oneindigheid, en van die begin af oor ewigheid. Amen. 

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.