Here ek kom voor U in gebed om vir U dankie te sê dat die aarde aan die Here behoort en die volheid daarvan (Psalm 24:1 AFR1953). Ek verklaar dat U Jehovah-Jireh is, U is die God wat voorsien (Genesis 22:14). U besit die vee op ‘n duisend heuwels en U het in al my behoeftes voorsien volgens die rykdom van U oorvloed in heerlikheid deur Christus Jesus (Psalm 50:10, Filippense 4:19). Ek sal niks ontbreek nie, want ek is deur U in die wêreld in gestuur (Lukas 22:35). U het in U Woord gesê soos ek eers die koninkryk van God en U geregtigheid soek, sal al hierdie dinge vir my bygevoeg word (Matteus 6:33). Die goud behoort aan U en die Silwer behoort aan U (Haggai 2:8). U het in U Woord gesê dat die rykdom van die goddelose opgegaar word vir die regverdiges en daarom posisioneer ek myself strategies om die buit van U vyande te ontvang, nie net vir myself nie, maar vir ‘n erfenis vir my kinders (Spreuke 13:22). Soos ek gegee het, so sal dit aan my gegee word, neergedruk, saamgeskud en oorlopend het U mense laat gee in my boesem in (Lukas 6:38). Verder ontvang ek wysheid wat van bo af is (Jakobus 3:17). Ek ontvang wysheid in wie se regterhand lengte van dae is en in wie se linkerhand rykdom en eer is (Spreuke 3:16). Ek praat met my hande en ek verklaar dat alles waaraan ek my hande sit voorspoedig sal wees (Genesis 39:3). Ek stel myself om U Woord te eer dat ek voorspoedig sal wees in alles wat ek doen. Ek sal nie van U Woord afdraai na die linkerkant of die regterkant nie, sodat ek voorspoedig mag wees oral waar ek gaan. U Woord sê; soos ek my verlustig in U wet en dag en nag op U Woord mediteer, so sal ek wees soos ‘n boom wat by waterstrome geplant is, wat vrugte dra op die regte tyd; my blare sal ook nie verdor nie; en watokal ek doen sal voorspoedig wees (Josua 1:8). Dankie Here dat aanwas vir my vermeerder word en dat U my vestig in ewige woonplekke van ware rykdom (Lukas 16:9). Amen.
